Verdagte plaaseienaar gee homself na skietvoorval op plaas oor

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Frederick Benjamin Erasmus (22), wat van ‘n skietery op drie persone op ‘n plaas in Roossenekal verdink word, het homself Maandagoggend aan die polisie oorhandig, waarna hy in die Groblersdal-landdroshof verskyn het.

Brig. Hlulani Mashaba sê die verdagte is vir poging tot moord in hegtenis geneem nadat hy volgens bewering skote op drie persone op die plaas geskiet het.

Erasmus se saak is vir formele borgaansoek tot 15 Januarie 2024 uitgestel. Hy sal in aanhouding bly terwyl die polisieondersoek voortduur.

Die vuurwapen wat glo tydens die voorval gebruik is, behoort aan die verdagte se meisie. Sy word vir nalatige hantering van ‘n vuurwapen, wat sy in die voertuig gelaat het, aangekla.

Die inhegtenisneming volg nadat drie mans wat op die plaas gestap het deur die verdagte en sy pa op hul plaas gekonfronteer is, waarna die skietvoorval plaasgevind het.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Die polisie het ‘n soektog geloods nadat ‘n plaaseienaar van Roossenekal na bewering Vrydagmiddag omstreeks 14:00 op drie persone op sy plaas geskiet het.

Brig. Hlulani Mashaba sê na bewering het drie persone op die plaas gestap toe die eienaar en ‘n insittende glo teen ‘n hoë snelheid in ‘n bakkie na hul aangejaag gekom het.

Die plaaseienaar het glo uit die bakkie gespring en die drie persone van diefstal op sy plaas beskuldig. Hy het glo ‘n vuurwapen te voorskyn gebring, waarna die drie, wat te voet was, in verskillende rigtings gehardloop het. Skote is glo geskiet, waarna een van die vlugtendes sy been gebreek het. Hy kon glo sy broer vir hulp kontak, wat met aankoms gesien het sy vlugtende broer is beseer. Die plaaseienaar is glo met die bakkie verby hulle sonder om hulp aan te bied.

Die polisie en nooddienste kon ontbied word, waarna die beseerde man vir hulp na ‘n mediese fasiliteit geneem is.

Mashaba sê een patroondoppie is op die toneel opgetel en drie sake van poging tot moord is geregistreer, wat nou ondersoek word.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief