OOS-KAAP. – ’n Verdagte is Donderdag tydens ‘n polisie-operasie op die R61 tussen Cicira en die Mthatha-lughawe dood toe ‘n skietery met die polisie uitgebreek het.
Luidens ‘n verklaring van brig. Nobuntu Gantana het polisiebeamptes van die taktiese reaksiespan inligting oor ‘n voertuig wat vermoedelik by onwettige vuurwapens betrokke is, opgevolg. Die verdagte voertuig is kort voor 13:00 onderskep. Een van die insittendes van die voertuig het glo uitgeklim en onmiddellik op polisiebeamptes begin skiet toe die voertuig vir deursoeking gestop is. Die polisie het teruggeskiet, waartydens die verdagte gewond en later deur nooddienste op die toneel dood verklaar is.
Gantana sê alle toepaslike rolspelers, insluitend Opod, is na die toneel ontbied. Die ondersoek duur voort.





