Verdagtes gesoek ná moord op 18-jarige

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ’n Intensiewe soektog na verdagtes is aan die gang nadat ’n 18-jarige seun met ‘n panga in Braamfischerville aangeval en later aan sy beserings oorlede is.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Tintswalo Sibeko, is die polisie Dinsdagoggend na ’n plaaslike kliniek ontbied nadat ’n noodoproep ontvang is. Met aankoms is hulle na die liggaam van die 18-jarige slagoffer gelei. Volgens voorlopige inligting het dié leerling van ‘n hoërskool in Meadowlands die oggend sy huis verlaat om ’n vriend in Fase 1, Braamfischerville, te besoek. Die twee is glo daarna na ’n nabygeleë skool waar hy met ‘n panga aangeval en ernstig beseer is. Hy is vir mediese behandeling in ‘n privaat voertuig na die kliniek geneem.

Die motief vir die aanval is nog onbekend. Nog geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief