Verdagtes in bejaarde se moord steeds gesoek

Lees ook :

Foto: Google Maps Kamsbaai-omgewing

WES-KAAP. – Die Kampsbaai-polisie is steeds op soek na verdagtes nadat die liggaam van ‘n bejaarde man (84) op 30 Desember 2025 kort voor 13:00 in sy huis in Francolinweg, Kampsbaai gevind is.

Sers. Wesley Twigg sê aan Nuusflits die oorledene se dogter het by sy woning aangekom en sy liggaam met vasgebinde hande en voete aangetref. ‘n Moordsaak is geopen. Die ondersoek duur voort.

Enigiemand met relevante inligting word gevra om AO Kupiso by 082 469 2734 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief