Lees ook: Tiener in kerk beroof
BUFFELSHOEK. – Drie verdagtes is in hegtenis geneem vir ’n moord, roof en huisbraak wat verlede maand in Buffelshoek plaasgevind het.
Onbekende verdagtes het op 25 Oktober 2024 by ’n huis in Buffelshoek ingebreek. ’n Slagoffer is tydens die inbraak dood en sy voertuig, twee vuurwapens, gereedskap en huishoudelike goedere deur die verdagtes gesteel. Die verdagtes het glo by nog ’n huis in dieselfde gebied ingebreek.
In die soektog na die verdagtes het die polisie ’n gesteelde spaarwiel, klere, kampstoele, komberse, twee beddens, matte, ammunisie en vuurwapens gekry.
Die verdagtes is Donderdag in Ikageng in hegtenis geneem en verskyn vandag in die hof op twee aanklagtes van huisbraak, moord, diefstal van twee voertuie, twee aanklagtes van die besit van moontlik gesteelde goedere en onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Bronne: SAPD
Lees ook: Tiener in kerk beroof





