BRASILIЁ. – Twee gewapende mans het gister agt Matisse-gravures en minstens vyf gravures deur Cândido Portinari by ‘n biblioteek in São Paulo gesteel.
Lees ook: Nog 4 verdagtes in hegtenis vir Louvre-roof
Brasiliaanse owerhede het gesê die diewe is by die hoofingang in en het ‘n veiligheidswag en bejaarde paartjie gedreig, die gravures gesteel en weer by die hoofingang uitgeloop.
Die kunswerke was deel van die From Book to Museum-uitstalling by die Biblioteca Mário de Andrade. Die gravures is op die laaste dag van die uitstalling gesteel.
Die burgemeester van São Paulo het gesê die identiteit van die diewe is bekend, maar hulle word nog gesoek.
Bronne: BBC, The Star, ABC News





