GAUTENG. – Die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het Dinsdag vier verdagtes in Streek C, Roodepoort, in hegtenis geneem, wat met altesaam 28 hangende sake verbind word.
Volgens ‘n sosialemediaplasing van JMPD is die verdagtes tydens ’n patrollie aangekeer nadat twee voertuie na bewering met vals registrasieplate onderskep is. Een van die voertuie, ’n wit Nissan NP200, word glo met ’n reeks diefstalle van motoronderdele en bykomstighede in Florida en Maraisburg verbind.
Die verdagtes was glo in besit van voertuie wat gebruik is om misdade soos die diefstal van hoofligte, buffers en ander voertuigkomponente te fasiliteer. Die vier is by die Florida-polisiekantoor aangehou, terwyl die voertuie by die polisie se Lenasia-skut vir verdere forensiese ondersoek ingeboek is.



Bron: JMPD





