ESWATINI. – Twee verdagtes in die moord op Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane is vandag van Eswatini na Suid-Afrika uitgelewer.
Lees ook: AKA-en-Tibz-moordsaak tot volgende jaar uitgestel
Siyabonga en Malusa Ndimande het vanoggend op die King Shaka- internasionale lughawe in Suid-Afrika aangekom.
Hulle sal na verwagting vandag in die Durban-landdroshof op verskeie aanklagtes verskyn. Die broers word beskuldig van die moord op AKA en Tibz in 2023, asook die moord op ‘n taxibaas in Amanzimtoti in 2022 en die poging tot moord op ‘n taxibaas se vrou.
Bronne: Jacaranda FM, SABC News, IOL





