Verdagtes wat Galeshewe-poskantoor probeer ‘beroof’ vlug leëhande

Lees ook :

Foto: Google Maps

NOORD-KAAP. – Drie onbekende verdagtes het glo gistermiddag omstreeks 13:50 die poskantoor in Morganstraat in Galeshewe sonder sukses probeer beroof.

Kol. Cherelle Ehlers sê een van die verdagtes was met ‘n pistool bewapen.

Die sekuriteitswag wat aan diens was, is saam met poskantoorpersoneel beveel om op die grond te lê, waarna die verdagtes glo die kluissleutels geëis het.

Die kassiere wat in besit van die kluissleutels was, was nie op die perseel nie. Daarna is probeer om die kluis oop te breek. Toe die booswigte nie daarin kon slaag nie, het hulle onverrigtersake in ‘n wit Volkswagen Polo van die toneel gevlug.

Enigiemand met inligting van die voorval kan kapt. Stephanus Barrow by 071 685 8738 bel.

Ehlers herinner lede van die publiek en poskantoorwerkers om waaksaam te wees wanneer pensioenbetalings by poskantore, betaalpunte en OTM-masjiene gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief