Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verdere waarskuwings vir onstuimige wind vir vandag uitgereik.
Lees ook: Verskeie weerwaarskuwings vir vandag uitgereik
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir onstuimige wind en gevaarlike deinings is vir die Wes-Kaap uitgereik en ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir onstuimige wind vir die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Die Noord-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal is met ‘n geel vlak 1-kennisgewing teen onstuimige wind gewaarsku.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD





