Brekende Nuus
Misdaad

Vereeniging-luitenant-kolonel kry 20 jaar vir moord

Die Gautengse Hooggeregshof in Palm Ridge het lt.kol. Christopher Mokoena van Vereeniging tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Sibongiseni Cele in 2024.

1
Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Gautengse Hooggeregshof in Palm Ridge het lt.kol. Christopher Mokoena van die polisie in Vereeniging tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die moord op Sibongiseni Cele in 2024.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê Mokoena het Cele na bewering op 3 Maart 2024 omstreeks 19:00 aangerand nadat Cele glo by sy eiendom ingebreek en ’n televisiestel en juweliersware gesteel het. Mokoena het daarna die polisie na sy huis ontbied, maar na bewering geweier om ’n saak van betreding teen Cele te open, terwyl Cele ook geweier het om ’n aanrandingsaak teen Mokoena te open. Volgens die polisie het Cele ook mediese behandeling in die hospitaal van die hand gewys.

Cele is die volgende dag, 4 Maart 2024, deur ’n vriend by sy huis dood aangetref. Die polisie is na die toneel ontbied. Benewens die 20 jaar gevangenisstraf het die hof Mokoena ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Bron: Opod