OOS-KAAP. – ’n Vroulike verkeersbeampte het Maandag haar lewe verloor in ’n kop-aan-kop-botsing tussen haar staatsvoertuig en ’n langafstandbus op die N2 naby Jeffreysbaai.
Die provinsie se departement van vervoer sê die verkeersbeampte was van die toneel van ‘n ongelukstoneel onderweg terug na haar stasie. Sy is tydens die botsing met die langafstandbus op slag dood. Geen persone op die bus is beseer nie. Die polisie het ’n saak van strafbare manslag geopen en ondersoek die oorsaak van die botsing.




