Supt. Eddie Boaventura, ‘n verkeersbeampte van KwaDukuza, met meer as 30 jaar diens, het gesterf. Hy is gister om ongeveer 11:00 op die N2 by Stanger in KwaZulu-Natal deur gewapende rowers wat vlugtend was, geskiet.
Hy is na bewering vyf keer geskiet, deur IPSS Medical Rescue op die toneel behandel en daarna deur ‘n Netcare 911-helikopter na ‘n Vlak 1-traumafasiliteit in Pietermaritzburg gevlieg. Ten spyte van alle mediese pogings het hy aan sy beserings gesterf.
Lt.kol. Nqobile Gwala het gister gesê dat ‘n besigheidsroof na bewering in KwaDukuza plaasgevind het en die verdagtes gevlug het.
Boaventura wat aan diens was, het die voertuig met die verdagtes wat gejaag het, opgemerk, dit afgetrek en die bestuurdersvenster genader, waarna hy geskiet is. Die verdagates het sy vuurwapen gesteel en daarmee gevlug.
Die KwaDukuza-polisie ondersoek sy moord.
Bron: James Anderson, The North Coast Courier Newspaper
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.





