Verkeersbeamptes vas oor beweerde R300-omkoopgeld

Lees ook :

Foto: SAPD

MPUMALANGA. – Supt. Mndeni Danisa (38) en verkeersbeampte Thulisile Dumakude (47) van die Lekwa-munisipaliteit is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n motoris gedwing het om R300 omkoopgeld te betaal om ‘n boete te vermy.

Lt.kol. Magonseni Nkosi, Valke-woordvoerder, sê die inhegtenisnemings volg op ’n langdurige ondersoek. Bewerings van motoriste dat verkeersbeamptes omkoopgeld geëis het ná verkeersoortredings het die ondersoek aan die gang gesit. In een geval is ’n polisieman, wat in die geheim gewerk het, voorgekeer vir spoed en bestuur sonder ’n geldige rybewys. Die beamptes het glo aanvanklik R500 van hom geëis, maar was later met R300 tevrede, waarna hy sonder ’n boete toegelaat is om verder te ry.

Die verdagtes is tydens die ondersoek geïdentifiseer, waarna hulle Donderdag in hegtenis geneem en reeds in die Standerton-landdroshof voorgekom het. Hulle is op R2 000 elk borg vrygelaat. Die saak is tot 5 Junie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief