Brekende Nuus
Afrikaans

Verkoue-infeksies is aan die toeneem

Verkoue infeksies vermeerder in Suid-Afrika 

fotokrediet: Canva
Verkoue infeksies vermeerder in Suid-Afrika fotokrediet: Canva

Lees ook: Mense word aangemoedig om griepinenting te kry

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is een van die hoof-infeksiestamme in Suid-Afrika tans Influenza A (H1N1).

Prof. Cheryl Cohen, hoof van die Sentrum vir Asemhalingsiektes en Meningitis, het gesê die stam word dikwels varkgriep genoem, maar dit is nie korrek nie. Sy het gesê Influenza A is ’n normale menslike influenzastam. Simptome van Influenza A sluit ’n hoë koors, hoes en lyfpyn in.

Volgens The Citizen sirkuleer Influenza A(H3N2) en Influenza B/Victoria ook tans in die land.

Mense word aangemoedig om die griepinspuiting te kry.

Bronne: The Citizen, eNCA, NICD

Lees ook: Mense word aangemoedig om griepinenting te kry