Vermeende inbreker sterf op misdaadtoneel

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Vermeende inbreker het vanoggend vroeg (Woensdag) gesterf nadat hy vermoedelik by ‘n woning in 3de Laan, Wonderboom-Suid, in Pretoria, ingebreek het. Die huiseienaar het kledingstukke bo-op sy palisadeheining opgemerk en sy paniekknoppie geaktiveer, waarna veiligheidspersoneel die man bloeiend op die grond aangetref het.

Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Johan van Dyk, is die 54-jarige manlike bewoner teen ongeveer 03:40 wakker gemaak deur sy honde wat geblaf het. Toe hy na die sitkamer gaan, het hy ‘n oop venster opgemerk en beweging buite gehoor, alhoewel niemand sigbaar was nie. Hy het sy afstandsbeheer-eenheid gevat en na buite gegaan om ondersoek in te stel. Hy het kledingstukke bo-op die palisadeheining opgemerk en sy paniekknoppie geaktiveer, wat privaat veiligheidspersoneel ontbied het. Toe hy deur die hek stap, het hy bloeiende ‘n man op die grond sien lê. Die persoon het nog gelewe.

Veiligheidsdienste het kort daarna op die toneel aangekom. Die huiseienaar het daarna gaan kyk of enigiets uit sy huis vermis is. Twee MacBook-skootrekenaars en ‘n iPhone 14 was gesteel. Nooddienste is intussen gekontak, maar die onbekende verdagte is op die toneel dood verklaar.

Dit is tans onduidelik hoekom en hoe die man gesterf het. Die huiseienaar het glo geen fisieke kontak met hom gehad nie.

‘n Saak van huisinbraak en diefstal is geopen. ‘n Geregtelike doodsondersoek is ook geregistreer word om die omstandighede van die verdagte se dood te ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief