JOHANNESBURG. – Meer as 120 vermeende onwettige mynwerkers is Vrydag in hegtenis geneem.
Lees ook – Twee ‘onwettige mynwerkers’ dood ná skietery met polisie
https://nuusflits.com/twee-onwettige-mynwerkers-dood-na-skietery-met-polisie/
Die multidissiplinêre operasie is by Bundu Inn in Mohlakeng, wes van Johannesburg, deur die Gautengse polisie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) uitgevoer. Dit is daarop gemik om onwettige mynbedrywighede en ander verwante kriminele oortredings in die gebied te bekamp.
Volgens die Gautengse adjunk-polisiekommissaris, Fred Kekana, is die meerderheid van die verdagtes wat in hegtenis geneem is, Zimbabwiërs, gevolg deur burgers van Malawi, Mosambiek en Lesotho.
“Slegs sewe Suid-Afrikaners is in hegtenis geneem en dit gee vir ons ‘n nuwe perspektief, want ons het Malawiërs geken as mense wat nie by onwettige mynbou betrokke raak nie, maar ons was duidelik verkeerd,” het Kekana gesê.
Video: https://youtu.be/sWiZRgMQZiw?si=mvanVP3UDrKcc23i
Bron: SABC Nuus





