Vermeende verdagtes dood in skietgeveg met polisie

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL – Vier vermeende rowers is Maandagmiddag (23 Maart) dood tydens ’n skietgeveg met die polisie in Bellair, waar vier vuurwapens ook op die toneel gevind is. Die verdagtes word glo verbind aan verskeie ernstige misdade soos moord, poging tot moord op polisiebeamptes, voertuig- en vragmotorkapings, asook sake- en huisrowe in gebiede soos Mbumbulu, KwaMakhutha, Ntuzuma en Folweni.

Kol. Robert Netshiunda sê misdaadintelligensie het die groep verdagtes in die Bellair-gebied opgespoor, waarna die inligting operasioneel opgevolg is. Polisiebeamptes het die verdagtes beveel om te stop. Die bevel is egter geweier en ‘n hoëspoedjaagtog het gevolg en by ’n huis geëindig wat vermoedelik as hul skuilplek gebruik is. By die woning het ’n skietgeveg uitgebreek waartydens vier van die verdagtes noodlottig gewond is.

Nog een verdagte het daarin geslaag om te ontkom en word tans deur die polisie gesoek. Vier vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind, terwyl geen polisiebeamptes in die voorval beseer is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief