INDIË. – Mukesh Chandrakar, ‘n 32-jarige ondersoekende joernalis, is op 3 Januarie dood in ‘n septiese tenk in die Bijapur-distrik van Chhattisgarh gevind. Polisieberigte dui aan dat die joernalis se liggaam gewelddadige beserings aan die kop en ribbes opgedoen het en dat sy nek gebreek was. Die hart is uit die liggaam verwyder. Die moord blyk verwant aan Chandrakar se onlangse ondersoek na ‘n padbouprojek in die Bastarstreek, wat ‘n amptelike ondersoek geloods het, te wees.
Drie mense, insluitend Chandrakar se familie, is in verband met die moord in hegtenis geneem. Suresh Chandrakar, die kontrakteur wat die eiendom besit waar die liggaam gevind is, word as die hoofverdagte beskou en is steeds op die vlug.
Plaaslike media het onmiddellik na die ontdekking van sy liggaam geprotesteer en ‘n deeglike ondersoek geëis. Die persraad van Indië het die geval as “ernstig” gemerk en die regering gevra om die veiligheid van joernaliste, veral dié wat in gevaarlike omgewings werk, te versterk.
Bronne: SkyNews, TheGuardian, Independant