Vermiste narkotiseur dood gevind – drie in hegtenis

Lees ook :

Foto: James Procter Facebook-blad

MPUMALANGA. – Dr. Nicholas James Procter (40) is op 1 Februarie deur sy familie as vermis aangemeld. Sy liggaam is dieselfde dag in ‘n woonstel in die Green Valley-veiligheidskompleks ontdek.

Volgens kol. Donald Mdhluli het Siyabonga Kekane (20), Nkateko Tshidzumba (25) en Bheki Ndlovu (38), wat Maandag vir moord in hegtenis geneem en aangekla is, gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die trio se borgaansoek is tot 14 Februarie uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Nadat Procter, ‘n narkotiseur van Sonheuwel in Mbombela (Nelspruit), se liggaam ontdek is, het ‘n span ondersoekers onverpoosd gewerk en die drie verdagtes in Protea Glen, Johannesburg vasgetrek.

Volgens Die Laevelder is Procter as vermis aangemeld toe hy nie vir werk opgedaag het nie. Daar is tevergeefs na die dokter by die Elawini-brug, waar sy voertuig gevind is, gesoek. Nadat inligting opgevolg is, is sy liggaam die middag na 16:00 in ‘n woonstel gevind. Sy hande en voete was vasgebind. Hy is deur Emer-G-Med op die toneel dood verklaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief