Vermiste vrou dood – man uit Mosambiek op aanklag van moord in hof

Lees ook :

Foto's: Zahn Lumière Fotografie

MPUMALANGA. – René Müller (44) en haar man Werner Müller (43) was aanvanklik Sondag 12 April deur ‘n familielid by die polisie as vermis aangemeld. Enige poging tot telefoniese kontak was tevergeefs. In ‘n skokkende nadraai is René se liggaam weggesteek in ‘n sak in ‘n buitekamer by hulle woning in Secunda aangetref en Werner in Mosambiek in hegtenis geneem. Werner het Donderdag op ‘n aanklag van moord in die Secunda-landdroshof verskyn, waar die saak uitgestel is.

Brig. Selvy Mohlala sê aan Nuusflits die man het skielik spoorloos verdwyn nadat die vrou as vermis aangemeld is. Hy kon nie telefonies bereik word nie. Die vrou se liggaam is Maandag 13 April kort na 12:00 ontdek toe die polisie en forensiese deskundiges die buitekamer oopgebreek en die toneel vir bewyse vir ‘n moordsaak gefynkam het.

Dit het uit ‘n voorlopige ondersoek voorgekom dat die oorledene die verdagte geken het. Die verdagte het vermoedelik van die toneel gevlug, wat gelei het tot die aktivering van ’n 72-uur-operasie om hom op te spoor. Hy is uiteindelik met die hulp van plaaslike wetstoepassingsowerhede in Mosambiek in hegtenis geneem en aan Suid-Afrika uitgelewer om op ’n aanklag van moord tereg te staan. Die motief vir die moord is nog onbekend.

Die moordsaak is in die hof vir ‘n formele borgtogaansoek tot 28 April uitgestel, terwyl die verdagte in aanhouding bly. Die ondersoek duur voort.

René het ‘n plasing oor hulle huwelik op 14 Februarie op sosiale media gedeel, waarna Werner kommentaar gelewer het.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief