OOS-KAAP. – ’n Vermiste vrou (34) wat in Junie 2021 as vermis aangemeld is, is glo deur haar kêrel vermoor.
LEES OOK: Pastoor en ouma in hegtenis vir gereëlde huwelik van 15-jarige
Vermiste vrou glo deur kêrel vermoor
Kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder, sê die vrou se kêrel (35) is gister in hegtenis geneem nadat die ondersoek na die vermiste vrou polisielede na die verdagte gelei het.
Die vrou is begin Junie 2021 by die Elliotdale-polisiestasie as vermis aangemeld. Sy het na bewering by haar kêrel gaan kuier en net nooit weer huis toe gegaan nie.
Erken skuld
Nadat deeglike ondersoek die polisie na die verdagte gelei het, het hy skuld op die moord erken en die polisie na die misdaadtoneel geneem waar die vrou se oorskot gevind is.
Hy is onmiddellik in hegtenis geneem en van moord aangekla.
Verskyn môre in hof
Die verdagte sal môre in die Elliotdale-landdroshof op aanklag van moord verskyn.
LEES OOK: Fotograaf red sterwende hond van afgeleë eiland
Nuusflits het ook sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.