Verpleegster wat glo babas vermoor het, skryf: ‘Ek het hulle doodgemaak’

Lees ook :

Verpleegster wat glo babas vermoor het skryf: ‘Ek het hulle doodgemaak’
Verpleegster wat glo babas vermoor het skryf: ‘Ek het hulle doodgemaak’ fotokrediet: BBC

Die verpleegster wat glo sewe babas vermoor het, het glo notas geskryf waarin sy sê: “Ek is boos, ek het dit gedoen”.

Lucy Letby word aangekla van die moord op sewe babas en 15 aanklagte van poging tot moord. Sy was ‘n verpleegster in die Countess of Chester-hospitaal in Engeland.

Die polisie het glo verskeie notas in die verpleegster se huis gevind waarin sy haar skuld beken en skryf: “Ek verdien nie om te lewe nie. Ek het hulle aspris doodgemaak, want ek is nie goed genoeg om na hulle te kyk nie. Ek is ‘n slegte, bose mens.”

Sy het glo van die kinders met insulien ingespuit, sommige met lug en vir ander te veel melk gegee. Sy het glo van die kinders meer as een keer probeer doodmaak.

Bronne:  Briefly, BBC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Verpleegster het babas vergiftig met insulien, hoor hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief