Verpleegster het babas vergiftig met insulien, hoor hof

Lees ook :

Verpleegster het babas vergiftig met insulien hoor hof
Verpleegster het babas vergiftig met insulien hoor hof fotokrediet: BBC

Lucy Letby, ‘n verpleegster by die Countess of Chester-hospitaal in Chester, Engeland, word daarvan beskuldig dat sy sewe babas vemoor het en 10 babas probeer vermoor het.

Letby het op 22 aanklagte skuld ontken in die Manchester Crown Court.

Die jurie het gehoor Letby het een baba drie keer probeer doodmaak terwyl sy ‘n ander baba vermoor het deur die baba met lug in te spuit.

Die aanklaer het gesê die hospitaal het besef daar sterf skielik baie babas oor ‘n tydperk van 18 maande.

Medici het ook opgemerk dat babas wat ineengestort het “nie op gepaste en tydige resussitasie gereageer het nie” en dat ander “drasties ineengestort het, maar toe ewe dramaties herstel het”.

“Nadat hulle ‘n oorsaak gesoek het wat hulle nie kon vind nie, het die konsultante opgemerk dat die onverklaarbare ineenstortings en sterftes wel een ding in gemeen het,” het die aanklaer gesê.

“Die teenwoordigheid van een van die neonatale verpleegsters en daardie verpleegster was Lucy Letby.”

Die aanklaer het verduidelik dat die polisie gebel is om ondersoek in te stel en hulle het besef iemand het tussen middel 2015 en middel 2016 twee babas met insulien vergiftig.

Die advokaat het aan die jurie gesê albei babas was seuns en beide was deel van ‘n tweeling. Albei is binne ‘n paar dae nadat hulle gebore is, vergiftig.

Die aanklaer het gesê hul bloedsuikervlakke het tot gevaarlike vlakke gedaal, maar die babas – identifiseer as kind F en kind L – het oorleef.

Hy het gesê albei kinders het ‘n bababoetie, kind E en kind M, gehad wat albei ook na bewering deur Letby aangeval is – waarvan een nie oorleef het nie.

Die hof het gehoor die manier waarop kind E vermoor en kind M beseer is, was deur lug in hulle bloedstroom in te spuit.

Aanklaer Johnson het gesê babas is soms met lug ingespuit en by ander geleenthede is hulle met insulien ingespuit of te veel melk gevoer.

Hy het aan die hof gesê: “So baie verskillende maniere waarop hierdie babas aangeval is, maar die konstante teenwoordigheid wanneer hulle noodlottig aangeval of katastrofies ineengestort is, was Lucy Letby.”

Die jurie is meegedeel dat die verhoor tot ses maande kan duur.

Bronne: BBC, International Business Times

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Video’s wys hoe Iranse tiener voor haar dood betoog

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief