Brekende Nuus
Afrikaans

VF Plus betreur moord op ACDP-raadslid in uMhlathuze

Pastoor Myaka was ʼn gewaardeerde kollega en het altyd vir almal ʼn woord van bemoediging gehad.

(Fotokrediet: VF Plus)
(Photo credit: VF Plus)

Die VF Plus het met skok en hartseer verneem van die moord op die ACDP-raadslid, pastoor John Myaka, gisteraand in Enseleni, Richardsbaai.

Sy afsterwe laat ʼn groot leemte in die raad van die uMhlathuze- plaaslike munisipaliteit.

Pastoor Myaka was ʼn gewaardeerde kollega en het altyd vir almal ʼn woord van bemoediging gehad.

Die VF Plus spreek sy innige simpatie met pastoor Myaka se naasbestaandes uit en bid dat God hulle sal vertroos in hierdie moeilike tyd.