VF Plus eis duidelikheid oor hervestiging van kleinboere na Stilbaai

Lees ook :

Foto: Verskaf VF Plus

WES-KAAP. – Die VF Plus in die Tuinroete het die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming versoek om meer deursigtig te wees oor die beplande hervestiging van kleinboere van Mosselbaai na die Stilbaai-gebied in die Hessequa- plaaslike munisipaliteit. Die kwessie het ontstaan nadat die staat twee plase teen sowat R15,7 miljoen aangekoop het ná ’n hofuitspraak wat onwettige varkboerdery in Kwanonqaba beëindig het.

Adv. Gert van Niekerk, VF Plus-streekleier in die Tuinroete, sê die manier waarop die proses hanteer word, laat veel te wense oor. Volgens hom is die plase Schoongelee en Soebatters Vlakte aangekoop sonder dat ’n behoorlike openbare deelnameproses gevolg is, wat beteken dat plaaslike inwoners en boere nie die geleentheid gehad het om insette te lewer nie. Hy wys verder daarop dat die Droëvlakte-omgewing beperkte waterbronne het en dat grootskaalse boerdery sonder deeglike beplanning en studies risiko’s vir die ekonomie sowel as die omgewing inhou. Daar is ook kommer dat die verskuiwing van vee na ’n bek-en-klouseer-vrye gebied die plaaslike landbou kan bedreig, terwyl meer verkeer op die R305 veiligheid en toerisme kan raak.

Die VF Plus dring daarop aan dat alle hervestigingsplanne voorlopig gestaak word totdat ’n volledige konsultasieproses afgehandel is. Hulle wil ook hê dat alle relevante planne en studies vir die publiek beskikbaar gemaak moet word. Die party beklemtoon dat hulle nie teen verantwoordelike grondhervorming gekant is nie, maar dat dit behoorlik beplan en volhoubaar uitgevoer moet word om negatiewe gevolge te voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief