Vind jou volgende groot liefde

Lees ook :

Lees ook: Wen met RomanzaKlub!

Daar is ’n tuiste vir diegene wat betower word deur liefdesverhale. Dit is die RomanzaKlub! Romanza publiseer liefdesverhale vir lesers wat verlore wil raak in gelukkige eindes, wat glo in ware liefde en dat elke pot ’n deksel het. Boonop is daar ook ’n erotikareeks, RomanzaStoom, vir dié wat iets meer gewaagd soek. Sluit aan by RomanzaKlub vir spesiale korting en sodat jy nie uitmis op vier tot vyf Romanzas wat maandeliks verskyn nie.

’n Voorsmakie van wat op jou wag met die nuutste Romanzas

Leer my ken deur Louise van der Merwe is die sesde titel in ons RomanzaStoom erotika-reeks.Marina wil so graag ’n sorgelose jeug hê, maar geld – of eerder die gebrek daaraan – staan in haar pad. Dan stap haar buurvrou se broer in haar lewe in… Riaan is ’n musikant en ’n groot geleentheid wag vir hom in Amerika. In die begin stamp hulle koppe, maar vind mekaar ook onweerstaanbaar. Intussen kruip die datum nader wanneer Riaan na Amerika moet terugkeer. Gaan hy sy groot droom ter wille van Marina laat vaar?

’n Tyd om te sing deur Lizelle von Wielligh is ’n inspirerende Romanza wat Christelike waardes uitbeeld. Tien jaar gelede het hy haar hart verniel. En hier, sonder waarskuwing, stap hy weer in haar lewe in – met daardie ontstellend sexy stoppelbaard… Destyds was hy Ruan Smit, nou is hy die bekende Christelike sanger Jacques van die groep Storms en Stilte. Sy is steeds Amy, dieselfde Amy wie se hart hy destyds gebreek het. Sy kan hom nie toelaat om haar weer te misbruik nie, maar hoe weerstaan sy die aantrekkingskrag tussen hulle?

In Veilige hawe vir die hart deur Marilé Cloete het Paula Swart baie empatie met die pasiënte by die kliniek waar sy ’n arbeidsterapeut is. Vir haar kollega se vriend Derick het sy egter nie ooghare nie.

Toe Derick Boland toe trek en tydelik blyplek nodig het, beland hy in Paula se huis. Hy daag egter nie alleen op nie. In sy arms is ’n vuil, verwaarloosde brakkie wat hy langs die pad opgetel het en summier Paultjie gedoop het. Teen wil en dank moet Paula leer om Derick én Paultjie te verdra. Kan verdraagsaamheid die eerste tree na liefde wees?

Olivia Welgemoed se toekoms lyk rooskleurig: Sy is ’n mediese dokter met ’n suksesvolle praktyk en verloof aan ’n predikant met ’n gemeente wat uitsien na ’n lojale predikantspaar. Dan kom haar pa, ’n bekende dokter van die Noord-Kaap, skielik tot sterwe. Op haar erfgrond is daar ’n vreemdeling wat volgens haar wederregtelik op die oewer van die rivier uitkamp. Hy lyk soos ’n boemelaar en word haar grootste probleem. Sal Olivia in Vlug van die berghaan deur Rina Cilliers tussen al haar probleme en verantwoordelikhede kan leer onderskei tussen plig en ware liefde?

Waar die wolwe huil deur Magdaleen Walters is ’n heerlike historiese-verhaal wat plaasvind in 1814 in Carlisle, Engeland. Die lewe het min genade vir ’n werkersklasvrou. Edith Maberry is dus verbaas toe Lewis Bloodsworth vir haar in die bresse tree in die kroeg waar sy werk. Toe Edith haar werk en blyplek verloor, wend sy haar tot Lewis. Hiermee dompel sy beide van hulle in ’n krisis. Lewis word met sy verlede gekonfronteer en kom voor ’n keuse te staan. Sal hy Edith kies wat vir hom die verpersoonliking is van alles wat hy in ’n vrou wil hê? Of sal hy hul liefde opoffer om die geheim te bewaar oor wie en wát hy is?

Spesiale korting met RomanzaKlub

Romanza gee maandeliks vier romanses uit en een erotiese liefdesverhaal twee maandeliks in die RomanzaStoom afdeling. Sluit aan by RomanzaKlub vir:

  • 2 boeke teen R154 of
  • 4 boeke teen R308.

Om van die korting gebruik te maak, klik hier en sluit aan by die klub.

Koop slegs die titel van jou keuse

As klubs nie in jou smaak val nie, kan jy ook slegs een titel op ’n slag aankoop. Klik hier om die Romanza van jou keuse te koop. Jy kan ook Romanzas by jou naaste boekwinkel koop, maar hierdie opsies is sonder die korting wat RomanzaKlub bied.

Al die Romanza skakelsop een plek:

RomanzaKlub:https://bit.ly/4aBsB6s

Romanza webtuiste en aankope:https://bit.ly/4cHlHOL

Leer my ken (sagteband): https://bit.ly/49gnasA

Leer my ken (e-boek):https://bit.ly/3U5DQyQ

’n Tyd om te sing (sagteband):https://bit.ly/4azrjZy

’n Tyd om te sing (e-boek):https://bit.ly/4aowdsP

Veilige hawe vir die hart (sagteband):https://bit.ly/4cIHgPe

Veilige hawe vir die hart (e-boek):https://bit.ly/3PP781X

Vlug van die berghaan (sagteband):https://bit.ly/3PJnjhe

Vlug van die berghaan (e-boek):https://bit.ly/43IyBIk

Waar die wolwe huil (sagteband):https://bit.ly/43Go5S1

Waar die wolwe huil (e-boek): https://bit.ly/3THW5J8

Facebook:https://www.facebook.com/Romanza.klub/

Instagram:https://www.instagram.com/romanza_lapa/

TikTok:https://www.tiktok.com/@lapapublishers

Registreer vir die Romanza-nuusbrief: https://bit.ly/3DmhFun

*ADVERTENSIE

Lees ook: Wen met RomanzaKlub!

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief