Virus in dooie sardyne gevind

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Laboratoriumtoetse het vir die eerste keer genetiese materiaal van die sardynherpesvirus (PHV) in sardyne wat langs die Weskus gevrek het, opgespoor. Die rol van die virus in die onlangse massavrektes van sardyne word egter steeds ondersoek.

Zolile Nqayi, woordvoerder vir die departement van bosbou, visserye en die omgewing, sê die virus is ook in laer vlakke in sommige sardyne wat gesond gelyk het, gevind. Wetenskaplikes ondersoek daarom of faktore soos skadelike alge, lae suurstofvlakke of ongewone seetoestande die vrektes kon veroorsaak of vererger het. Toetse het nie die belangrikste gifstowwe wat met skadelike algblomme verbind word, opgespoor nie. Twee ander alg-gifstowwe is wel teen lae vlakke gevind.

Die departement brei siektetoesig langs die kus uit en werk saam met die visbedryf aan ’n plan om die situasie te hanteer. Daar is tans geen aanduiding dat PHV mense of ander diere besmet nie en die bevinding regverdig nie ’n algemene verbod op visvang of die inmaak van sardyne nie.

Die publiek word egter gemaan om nie dooie of sterwende visse te versamel of te eet nie, en dit ook nie aan troeteldiere te voer nie.

Drug hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief