Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort
JEMEN. – Die VK en VSA het oornag massiewe lugaanvalle in Jemen geloods om die Hoethi-rebelle te teiken.
Dit volg na die Hoethi-rebelle ’n weeklange aanval op die Rooi See teen verskeie skepe en militêre skepe geloods het.
VK- en VSA-owerhede het bevestig ’n oorlogskip, duikboot en vegvliegtuie is gebruik om missiele op Jemen af te vuur. Hulle het ’n lugmagbasis, lughawens en militêre kamp geteiken.
Hoethi se adjunkminister van buitelandse sake het gesê die VSA en VK sal boet vir die aanval.
Bronne: Euronews, Metro, Jacaranda FM
Lees ook: Agnes Setshwantsho se borgaansoek gaan vandag voort





