Alle inkomende en uitgaande vlugte na en van King Phalo-lughawe in Oos-Londen is Dinsdag weens gure weer vertraag.
Ernest Mulibana, woordvoerder van Acsa, die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika, het in ‘n verklaring gesê die weerstoestande sal gemonitor word en indien die weer gunstig raak, sal vlugte na normaal terugkeer.
Passasiers is aangemoedig om vluginligting op die Acsa-toep dop te hou of direk met lugrederye kontak te hê, sou die situasie verander. Acsa het omverskoning gevra vir die ongerief.
FlySafair het in ‘n verklaring gesê vlugte is gekanselleer en vertraag weens opgeskorte lugverkeernavigasiestelselprosedures buite hulle beheer.
“Lugverkeernavigasiestelselprosedures vir bedrywighede na King Phalo-lughawe in sekere weer- en sigbaarheidstoestande is deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (Sacaa) opgeskort weens ‘n versuim om die prosedures volgens regulasies te laat hernu. Beide die Lugverkeer en Navigasiediens (ATNS) en Sacaa is entiteite van die staat en gebonde aan streng regulasies.”
“Geen vliegtuie van enige lugredery is tans in staat om vlugte na en van King Phalo-lughawe in Oos-Londen te bedryf nie.”
Dié lugredery het voorts gesê hulle werk saam met Acsa en ATNS om die situasie so gou as moontlik op te los.
“Hierdie ontwrigting is egter deel van ‘n langtermyn-agterstand met ATNS-prosedure, wat in die toekoms meer omvattende optrede sal vereis.”
FlySafair het vir die ongerief verskoning gevra en gesê kliëntediens staan passasiers by om alternatiewe reëlings te tref. Dit sluit die moontlik herbespreking of terugbelating vir gekanselleerde vlugte in.
“Ons waardeer die geduld en begrip van die publiek, aangesien ons nou saam met Acsa en ATNS werk om passasiersveiligheid tydens hierdie ongunstige toestande te verseker, en om die langtermyn-uitdagings by die lughawe aan te spreek.”
ATNS het die volgende verklaring uitgereik:
INCLEMENT WEATHER AFFECTS KING PHALO INTERNATIONAL
Air Traffic and Navigation Services (ATNS) SOC Limited acknowledges the flight disruptions, including delays and cancellations, at King Phalo Airport (East London) due to today’s unfavourable weather conditions and lack of instrument flight procedures.
King Phalo Airport operates two precision approach runways: Runway 29 and Runway 11. Currently, aircraft can depart and land without interruption when RWY 29 is in use. For RWY 11, aircraft are unable to land on this runway during inclement weather conditions like today.
However, ATNS can confirm that the South African Civil Aviation Authority (SACAA) has assured the entity that instrument flight procedures for Runway 11 are being expedited and approvals are expected tomorrow, Wednesday, October 9th, 2024.
The urgency with which ATNS is addressing the suspended instrument flight procedures underlines our dedication to enhancing overall service delivery and safety for all airspace users.
ATNS will keep passengers and airspace users informed of the latest developments and we apologise for the inconvenience caused.
Teen Woensdagoggend was daar nog nie nuwe verklarings gemaak nie.





