VN bevind Israel het volksmoord in Gasa gepleeg

Lees ook :

VN bevind Israel besig met volksmoord in Gasa fotokrediet: Canva

GASA. – ‘n Onafhanklike ondersoek deur die Verenigde Nasies se Menseregteraad het bevind Israel het volksmoord teen Palestyne in Gasa gepleeg en dat die land se leiers, insluitende die eerste minister, Benjamin Netanyahu, volksmoord aangehits het.

Lees ook: Sowat 32 mense dood in Israeliese aanvalle op Gasastad

‘n Verslag oor die ondersoek is vandag vrygestel en het bevind Israel het volgens die Volksmoord-konvensie van 1948 “vier dade van volksmoord” sedert 7 Oktober 2023 in Gasa uitgevoer – die doodmaak van Palestyne in Gasa, die veroorsaak van “ernstige liggaamlike en geestesbeserings”, “doelbewus maatreëls instel wat ontwerp is om ‘n groep uit te roei” asook die “instel van maatreëls om geboortes binne die groep te keer”.

Israel se ministerie van buitelandse sake het die verslag by monde van ‘n woordvoerder verwerp en gesê dit is “vals” en “‘n verdraaiing van feite”. Die onafhanklike kommissie wat die ondersoek uitgevoer het, is daarvan beskuldig dat hulle vir Hamas werk en staatgemaak het op “Hamas se leuens wat deur ander herhaal is wat reeds as vals bevind is”.

Die woordvoerder het gesê in teenstelling met die “leuens in die verslag” was Hamas die party wat volksmoord in Israel wou pleeg deur “1 200 mense te vermoor, vrouens te verkrag, families lewendig te verbrand en openlik die doel verklaar het om elke Jood dood te maak”.

Volgens die ministerie van gesondheid in Gasa het sowat 65 000 Palestyne reeds omgekom sedert Hamas se aanval op Israel op 7 Oktober 2023.

Bronne: CNN, BBC, ABC

Lees ook: Sowat 32 mense dood in Israeliese aanvalle op Gasastad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief