Voormalige burgemeester eersdaags gevonnis oor munisipale geld wat vir privaat begrafnis gebruik is

Lees ook :

Voormalige burgermeester eersdaags gevonnis oor munisipale fondse wat vir privaat begrafnis gebruik is Foto ter illustrasie: Canva

DURBAN. – ’n Voormalige burgemeester van die Ingwe-munisipaliteit word eersdaags gevonnis nadat sy in 2012 munisipale fondse vir haar destydse kêrel se broer se begrafnis gebruik het.

Nomagugu Luzulane het in April 2012 aan die munisipaliteit instruksie gegee om vir die begrafnis se spyseniering, klank en ’n tent te betaal. Bewyse wat aan die hof voorgelê is, wys uit dat verskeie munisipale amptenare daarvan geweet het, maar nie opgetree het nie.

Luzulane het na bewering R71 500 uit die munisipaliteit se armoedeverligtingsinisiatief ‘Operation Mbo’ aan drie verskillende diensverskaffers betalings vir begrafnisdoeleindes gemaak. Die betalings het vir onder andere luukse kospakkies van Spar vir die begrafnisgangers ingesluit.  

Luzulane is Julie vanjaar in die Durbanse gespesialiseerde kommersiële misdaadhof op aanklagte van bedrog skuldig bevind. Sy moet voor 30 Januarie 2024 die R71 500 in die herwinningsfonds vir kriminele bates oorbetaal. Haar vonnisoplegging sal op 31 Januarie 2024 plaasvind.

Bronne: IOL, Surge ZircSA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief