Voormalige finansiële bestuurder en lewensmaat gevonnis na R15,4 m. se diefstal

Lees ook :

Voormalige finansiële bestuurder en lewensmaat gevonnis na R15,4 miljoen diefstal. Foto ter illustrasie: Canva

WES-KAAP. – David Marais (55) en Brian Wilson (49) is Dinsdag in die Bellville- kommersiële hof tot onderskeidelik 12 en ses jaar vir diefstal gevonnis.

Marais en Wilson, wat lewensmaats is, het tussen 2008 en 2019 meer as R15,4 miljoen van hulle voormalige werkgewer Soma Initiative (Edms.) Bpk. gesteel. Marais was as finansiële bestuurder aangestel terwyl Wilson vir dieselfde maatskappy gewerk en aan hom rapporteer het.

Marais het toegang tot die maatskappy se bankrekening gehad en het geld in sy en Wilson se rekeninge oorbetaal. Hy het voorgegee asof hy geld aan krediteure en diensverskaffers betaal.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse nasionale vervolgingsgesag, het gesê die paar het aanvanklik landuit gevlug nadat hulle van die geld uitgedobbel het. Hulle is uiteindelik in Georgia vasgetrek en teruggebring na Suid-Afrika toe.

Na bewering het personeel van die maatskappy vir drie jaar lank geen jaareind-bonusse as gevolg van Marais en Wilson se aksies ontvang nie.

Volgens Ntabazalila was die motief agter die diefstal blote geldgierigheid.

Bronne: EWN, IOL, Times Live

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief