Lees ook: Vier verdagtes in hegtenis vir Motherwell-skietery
Die voormalige minister van finansies en president van die reserwebank, Tito Mboweni, is in die ouderdom van 65 oorlede.
Sy familie het Saterdagaand ’n verklaring vrygestel om sy afsterwe aan te kondig. Hy is in ’n Johannesburgse hospitaal na ’n kort siekbed oorlede.
Sy familie het gevra vir privaatheid in die moeilike tyd. Inligting oor sy gedenkdiens sal later bekend gemaak word. President Cyril Ramaphosa het sy medelye oor Mboweni se dood uitgespreek.
Bronne: IOL, Daily Voice, The Citizen
Lees ook: Vier verdagtes in hegtenis vir Motherwell-skietery