Lees ook: Man verantwoordelik vir Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei se dood, sterf
Kristina Joksimovic (38), ‘n voormalige Mej. Switserland-finalis, is deur haar man verwurg, haar liggaam opgekap en van die liggaamsdele in ‘n menger gegooi. Haar oorskot is in Februarie naby haar huis in Basel gevind.
Volgens die nadoodse ondersoek is Joksimovic verwurg en haar liggaam daarna opgekap. Van haar liggaamsdele is in ’n menger gegooi en met ‘n chemikalie probeer oplos.
Haar man, Thomas, is in hegtenis geneem en staan tans tereg vir haar moord. Hy beweer dat hy uit selfverdediging opgetree het nadat sy vrou hom met ‘n mes aangeval het. Hy het verder gesê dat hy haar liggaam in ’n toestand van paniek opgekap het.
Bronne: Daily Mail, The Independent, PEOPLE
Lees ook: Man verantwoordelik vir Olimpiese atleet Rebecca Cheptegei se dood, sterf