Voormalige parlementêre portefeuljekomiteelid meld uiteindelik aan vir tronkstraf

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Manyaba Rubben Mohlaloga, ‘n voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor landbou en grondsake, van 2007 tot 2009, is beveel om gister vir tronkstraf aan te meld. Mohlaloga moet 20 jaar tronkstraf uitdien. Die vonnis is reeds op 14 Febuarie 2019 opgelê.

Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê die saak spruit voort uit ‘n ondersoek wat in 2012 begin is, nadat R6 miljoen gedurende 2008 onreëlmatig, op die instruksie van die destydse uitvoerende hoof van die Landbank, sonder die nodige goedkeuringsprosesse, aan ‘n entiteit betaal is. Die saak is deur die Landbank by die Valke aangemeld. Die bank was verantwoordelik vir die bestuur van die AgriBEE-fonds ter waarde van R100 miljoen, wat deur die parlement bewillig is om die bemagtiging van voorheen benadeelde boere te bevorder.

Mohlaloga, wat destyds as komiteevoorsitter opgetree het, het persoonlik voordeel uit die onwettige betaling getrek en is in 2019 skuldig bevind aan bedrog en geldwassery. Sy appèlle by die Hooggeregshof en die Hoogste Hof van Appèl was onsuksesvol en sy poging om borgtog te verleng is op 16 September aangehoor en op 13 Oktober van die hand gewys.

Lt.genl. Patrick Mbotho, die waarnemende nasionale hoof van die Valke, het die ondersoekspan geprys en gesê: “Hierdie saak toon dat die Valke vasbeslote bly om dié wat hul mag misbruik, tot verantwoording te roep.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief