Voormalige regter John Hlophe parlement toe vir MK-party

Lees ook :

Voormalige regter, John Hlophe, aangestel deur MK-party in parlement
Voormalige regter, John Hlophe, aangestel deur MK-party in parlement fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: SA-regters uit hulle poste verwyder

Die MK-party het die voormalige regter, John Hlophe, as die party se hoofsweep in die NV aangestel.

Hy is in 2008 daarvan beskuldig dat hy die konstitusionele hof se beslissing oor die vaslê van Zuma en die wapenvervaardiger Thint se bates wou verander. Hlophe is later aan wangedrag skuldig bevind.

Zuma se MK-party het 58 setels in die NV, maar die party het geweier om aan die eerste vergadering deel te neem. Hlophe se aanstelling is in ‘n memo deur Arthur Zwane aangekondig terwyl die party hulle administrasie en finansies in die NV probeer opstel.

Bronne: IOL, EWN, SABC

Lees ook: SA-regters uit hulle poste verwyder

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief