Voornemende sosialemediakopers gekaap en beroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

GAUTENG. – Twee voornemende kopers van ‘n motor wat op sosiale media geadverteer is, is Maandag 21 Oktober deur vier verdagtes in Winterveld gekaap en beroof.

AO Johan van Dyk sê die kopers het op ‘n advertensie vir ‘n wit VW Polo wat vir R40 000 geadverteer is, gereageer. Hulle het omstreeks 09:40 op die betrokke oggend by Uitbreiding 3, Mhlaombe, in Windterveld aangekom waar ‘n jong seun hulle ontmoet het en gesê het die geadverteerde motor is op ‘n ander plek.

“Toe hulle by die sekondêre plek aankom, het die voornemende kopers gevoel iets skort en wou vertrek. Vier mans het hulle egter genader, waarna een ‘n vuurwapen te voorskyn gebring het en die slagoffers beveel het om in ‘n nabygeleë bos in te gaan.”

Van Dyk sê die voornemende kopers is deursoek en beroof. Toegang is tot hulle banktoep op hulle selfone bekom, maar daar was nie genoegsame fondse om te kon oorplaas nie. Die verdagtes het met die voornemende kopers se eie VW Polo en twee selfone van die toneel gevlug, terwyl die kopers in die bosse gelos is.

Loate-polisiestasie ondersoek sake van voertuigkaping en gewapende roof. Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.

“Die publiek word aangeraai om goedere van bekende sosialemediaplatforms te koop. As die verkopers onbekend is, tref reëlings om hulle by ‘n polisiestasie te ontmoet. Moenie ‘n deposito betaal voordat jy die produkte wat aangebied word, geïnspekteer het nie.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief