Hoërskool se Rugbyspeler van die Jaar ontvang ‘n stewige tjek

Lees ook :

Foto: Hoërskool Riebeeckrand

GAUTENG. – Xander Wray van Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein het op 28 Oktober by ‘n rugbydinee met die titel as Speler van die Jaar, plus ‘n kontanttjek, weggestap.

Volgens ‘n plasing op die skool se Facebookblad is Wray met R75 000 van AJ Boerdery beloon.

“Vrydagaand se rugbydinee was ‘n spoggeleentheid waar jy die trots van elke speler kon aanvoel. Dit was ‘n terugblik op ‘n besonderse suksesvolle seisoen, en erkenning was gegee aan elkeen wat hierdie prestasies moontlik gemaak het. Ons het 2 spanne in die Noordvaal finaal gehad en het met 2 bekers weggestap!”

Foto’s is gedeel van die spelers wat elkeen trots ‘n toekenning en sommiges trofeë en nog pryse ontvang het.

“We would like to thank our sponsors, once again for making this possible! By investing in our school, you are, in turn, investing in Randfontein and creating opportunities for the learners. We are humbled and thankful!”

Pieter de Bruin sê: “Dit was ‘n great jaar vir die skool wat vir die afgelope paar jaar elke jaar net beter presteer en geskiedenis gemaak het! Dankie vir elke afrigter wat hul tyd gee vir ons seuns! Dankie ook vir die mense wat so hard gewerk het om Riebeeckrand se rugby weer gesond te kry! Veels geluk Xander Wray, jy het die jaar gespeel soos ‘n masjien en ons is ongelooflik trots op jou! Dankie ook aan elke seun wat hul harte uitgespeel het die jaar. Dit is lekker om Rierand-ouer en ondersteuner te wees!”

Lucinda de Bruin het die Speler van die Jaar met sy prestasie gelukgewens: “Baie geluk Xander Wray!! Jy verdien dit, elke wedstryd jou hart uitgespeel! Baie trots op jou!”

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief