Met die onlangse betogings het ‘n vragmotorbestuurder skuiling gesoek voor ‘n huis op Barkley-Wes en daar parkeer.
Johanna Bergh, voor wie se huis die vragmotor nou staan, sê dit blyk asof iemand intussen ‘n pen van die vragmotor se vyfde wiel uitgetrek het, wat veroorsaak het dat die vragmotor sy sleepwa verloor het toe hy wou wegtrek.
Sy sê dis groot skade en dat die vrag nou eers afgelaai sal moet word voor die waentjie geskuif kan word.
Shedrick Missi, die vragmotorbestuurder, sê dit het ongeveer 11:00 Maandagoggend gebeur.
Hy sê die vragmoror staan steeds daar, maar dat hulp op pad is.
Lede van die All Trucks Drivers Forum (ATDF) het Maandag gedreig om van die paaie te sluit.
Die vragmotorbestuurders sê hulle wil hê hulle werke moet beskerm word.
Volg FiND iT hier op Facebook.