Brekende Nuus
Nuus

Vragmotorbestuurder sterf toe vragmotor huis tref, baba en ouers lig beseer

Foto: Mi7 National Group

KWAZULU-NATAL. – ’n Vragmotorbestuurder is Sondagaand 15 November dood toe sy vragmotor kort voor 20:00 ’n huis langs KwaMpumuza-hoofweg in Edendale getref het. Twee ouers en hul agt maande oue baba was in die huis en het ligte beserings opgedoen.

Mi7-noodmediese dienste sê die bestuurder het glo beheer oor die vragmotor verloor voordat dit die huis getref het. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Hulle het die pa van die huis na ’n hospitaal vervoer. Dit was nie nodig om die ma en baba hospitaal toe te neem nie. Mi7 het sy medelye met die bestuurder se naasbestaandes betuig.