Vragvliegtuig met 5 bemanningslede vermis

Lees ook :

Foto: K2 Airways

PAKISTAN. – ‘n Grootskaalse soek-en-reddingsoperasie is aan die gang nadat ‘n K2 Airways-vragvliegtuig met vyf bemanningslede aan boord verdwyn het. Die vliegtuig was van Sharjah in die Verenigde Arabiese Emirate na Karachi onderweg.

Die bemanning bestaan uit kapt. Mohammad Rizwan Idrees, eerste offisier Faisal Mehmood, vragmeester Muhammad Toufique Khan en die ingenieurs Arif Siddiqui en Mohammad Hamid, aldus K2 Airways.

Volgens K2 Airways het die Boeing 737-400, met registrasienommer AP-BOI, Dinsdagaand omstreeks 21:20 Pakistanse tyd kontak met lugverkeerbeheer verloor. Die lugredery sê hy werk saam met die Pakistanse burgerlugvaartowerheid en ander regeringsagentskappe terwyl die soektog voortduur. Volgens die Pakistan-lughawensowerheid het die vlieëniers kort voordat kontak verlore gegaan het, ‘n probleem met die vliegtuig se navigasiestelsel aangemeld. Vlugdata wat deur FlightRadar24 gepubliseer is, dui daarop dat die vliegtuig daarna skielike hoogteveranderings ondergaan het voordat dit van die radar verdwyn het. Die Pakistanse vloot, lugmag en ander nooddiensagentskappe neem aan die soek-en-reddingsoperasie deel.

Volgens berigte bemoeilik rowwe seetoestande in die Arabiese See die soektog, en teen Woensdag was daar nog geen teken van die vliegtuig of sy bemanning nie. Dit is nog onbekend wat die verdwyning veroorsaak het. Ondersoekers sal die vliegtuig se laaste kommunikasie, vlugdata en ander beskikbare inligting ontleed sodra meer bewyse beskikbaar is.

Bronne: K2 Airways (amptelike verklaring), Associated Press (AP), FlightGlobal, FlightRadar, Dawn (Pakistan), The Express Tribune (Pakistan)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief