WES-KAAP. – ’n Vrou (63) het Maandag op ‘n aanklag van moord op ‘n bejaarde vrou (79) in die Bellville-landdroshof verskyn. Die slagoffer is onthoof in ‘n huis aangetref.
Kapt. F.C. van Wyk sê ‘n moorddossier is geopen nadat die liggaam van die bejaarde vrou op 19 Maart omstreeks 21:00 in haar woning in Davidstraat, Bellville-Suid, ontdek is. Die omstandighede van die voorval word deur die polisie ondersoek – die motief vorm deel van die voortgesette ondersoek.
Volgens Bellville-Suid-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) was die oorledene welbekend in die gemeenskap.





