Vrou dood in plas bloed aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die liggaam van ’n ongeïntifiseerde vrou is op 2 Mei kort ná 19:00 deur ‘n hawelose man in ‘n plas bloed aangetref. Hy het die polisie ontbied. Die vrou het in ’n oop veld op die hoek van Charl Cilliersstraat in Mountain View in die Hercules-polisiëringsgebied gelê.

Die polisie se woordvoerder in die Tshwane-distrik, kapt. Johan van Dyk, sê die vrou is met steekwonde aan die nek en wang aangetref. Volgens die polisie het sy ’n swart leerbaadjie aangehad, terwyl die klere aan haar onderlyf geskeur was. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting te rapporteer wat met die ondersoek kan help.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief