OOS-KAAP. – ‘n Vrou (56) se liggaam is Sondagaand kort voor 21:00 op ‘n grondpad in die Mahshe-gebied in Despatch aangetref. Sy het veelvuldige steekwonde aan die nek en bolyf gehad.
Volgens ‘n verklaring van kapt. André Beetge het die polisie op ‘n klagte gereageer, waarna die liggaam van die vrou gevind is. Sy is op die toneel dood verklaar. ‘n Moordsaak word deur die Despatch-speurtak ondersoek.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met relevante inligting om speur.sers. Tanya Mulder by 069 473 483 te bel.





