Lees ook: 94 mense tydens sikloon Chido in Mosambiek dood
NEW YORK, VSA. – ‘n Vrou is oorlede na sy Sondag op ‘n trein van New York na Brooklyn aan die brand gesteek is.
Die vrou, wat moontlik aan die slaap was, is deur ‘n man op die trein aan die brand gesteek. Volgens die polisie was daar geen interaksie tussen die twee nie en het hulle mekaar nie geken nie.
Die man het die vrou genader en ‘n sigaretaansteker gebruik om haar klere aan die brand te steek. Sy is op die toneel dood en die man is later in hegtenis geneem na drie tieners hom op ‘n ander trein gesien het.
Die man is ‘n immigrant van Guatemala.
Bronne: BBC, CNN, Fox News





