Vrou en kêrel met skietwonde dood aangetref

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – ‘n Vrou (42) en haar kêrel (71) is Sondagmiddag in ‘n skietvoorval dood. Die vrou se liggaam is agter ‘n huis gevind, terwyl die man se liggaam op die plaas Geluksfontein aangetref is.

Luidens ‘n verklaring van polisiewoordvoerder, kol. Malesela Ledwaba, het die voorval voor 16:00 in Mohodi, Ga Madikana Kofifi-seksie, in die Capricorn-distrik plaasgevind. Die vrou, met skietwonde aan haar gesig en kop, is op die toneel dood verklaar. Drie leë patroondoppies is op die toneel gevind. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat sy glo deur haar kêrel geskiet is.

Terwyl die polisie steeds besig was om die toneel te verwerk, is inligting ontvang dat die kêrel met ‘n skietwond aan sy kop op die plaas, wat glo aan hom behoort, aangetref is. Hy is ook op die toneel dood verklaar.

’n Vuurwapen, beskryf as ’n Norinco-pistool, met drie lewendige rondtes ammunisie en een afgevuurde patroon, is op die tweede toneel gevind en vir forensiese en ballistiese ondersoek gekonfiskeer. Nooddienste, die plaaslike kriminele rekordsentrum (PKRS) en ’n patoloog was op beide die tonele.

Die identiteit van die vrou, wat in De Vrede, Gakibi-dorpie gewoon het, word weerhou as deel van die voortgesette ondersoek. Die naam van die man sal ook in ’n later stadium bekend gemaak word. Die polisie ondersoek tans ’n saak van moord, sowel as ’n geregtelike doodsondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief