Vrou gegryp voordat sy van gebou kon spring

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (30) is Sondagoggend betyds gekeer toe sy van die balkon van ‘n gebou in Toddstraat in Verulam wou spring.

Reaction Unit South Africa sê die operasionele sentrum is vir hulp gebel. Verskeie eenhede is na die toneel waar die vrou in haar slaapkamer aangetref is.

“Volgens haar lewensmaat het die vrou probeer om van die balkon af te spring. Hy het daarin geslaag om haar vas te gryp en binne te hou, totdat reaksiebeamptes opgedaag het.”

Rusa sê die man het aan hulle verduidelik werkloosheid, finansiële druk en dwelmmisbruik het tot die selfdoodpoging gelei.

“Paramedici het die vrou na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.”

Indien jy self hulp benodig of van enigiemand weet wat hulp nodig het, kan SADAG se 24-uur tolvrye hulplyne gebel word: Selfdoodkrisishulplyn 0800 567 567, Departement van Maatskaplike Ontwikkeling Middelmisbruik-hulplyn 0800 12 13 14 SMS 32312

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief