Vrou vas ná gekaapte goedere van afleweringsvoertuig teruggevind is

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – ’n 22-jarige vrou is in Khayelitsha in hegtenis geneem nadat R250 000 se gesteelde goedere van ‘n afleweringsvoertuig teruggevind is.

Die polisie sê hulle is Dinsdag kort voor 13:00 ontbied toe ‘n afleweringsvoertuig in die Makhaza-gebied gekaap is. Beamptes van die teen-kapingseenheid het die voertuig later in Nxarunistraat in J-Sekie opgespoor, waar die bestuurder en ’n passasier gevind is. Hulle het aan die polisie gesê dat die verdagtes die pakkies in ’n ander voertuig gelaai en op die vlug geslaan het.

Die polisie het tydens die ondersoek op ‘n huis in Mcewulastraat toegeslaan, waar al die gesteelde goedere tydens deursoeking gevind is. Die vrou is op aanklag vir die besit van gesteelde eiendom in hegtenis geneem.

Sy sal binnekort op aanklagte van ‘n Lingelethu West-saak in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief