Lees ook: Soldaat wat hom aan brand steek buite ambassade oorlede
SUID-KOREA. – ’n Vrou in haar 60’s het gister ’n hartaanval gehad na sy in ’n winkelsentrum van ’n agt meter hoë platform afgeval het tydens ‘n reksprong (bungee jump). Sy is later in ‘n hospitaal dood verklaar.
Die vrou het op ’n betonvloer te lande gekom na sy by ’n sportsfasiliteit in ’n winkelsentrum in Suid-Korea probeer rekspring het.
Sy het veiligheidstoerusting aangehad, maar die rekspringkabel was nie na behore vas nie. Die polisie is besig om die voorval te ondersoek.
Bronne: The Independent, The Straits Times, Koreaboo
Lees ook: Soldaat wat hom aan brand steek buite ambassade oorlede





